Korrupsie kos SA R700 miljard oor twee dekades

SAvlagDie Instituut van Interne Ouditeure het Woensdag bekend gemaak dat Suid Afrika oor die afgelope 20 jaar R700 miljard weens korrupsie verloor het.

Claudelle von Eck, die instituut se uitvoerende hoof, het dié inligting tydens die bekendstelling van die Teen-intimidasie en Etiese Praktyke Forum (AEPF) in Johannesburg bekend gemaak.

Von Eck, die forum se voorsitter, het gesê mense wat korrupsie wil aanmeld word dikwels gemuilband. “Lede word geïntimideer wanneer hulle probeer om die kwessie van korrupsie in ʼn organisasie aan die klok te hang,” het sy gesê.

Volgens Von Eck gaan die forum hom daarop toespits om sy lede oor korrupsie op te voed, hulle aanraai hoe om korrupsie openbaar te maak, en opvoed oor wat om te doen wanneer fluitjieblasers geïntimideer word.

Die forum is bedoel om ʼn professionele kollektiewe stem te wees wat uitsprake maak oor die toestand van die regering in die land.

“Ons kan nie net stilbly nie. As professionele mense moet ons in staat wees om te kan sê wat die stand van sake is. Ons het nodig om dit te doen om dinge reg te stel,” het sy gesê.

Die forum bestaan uit ʼn uitvoerende komitee, agentskappe wat aksie kan neem, belanghebbende organisasies, en ʼn evalueringspaneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ladybug ·

“Hang korrupsie aan die groot klok”. Dit hoor ons nou al jare! Voeg die daad by die woord en kry ons geld terug sodat ons ons land kan herbou met ‘n nuwe bestuur, want JZ en sy kaders het dit verwoes!

maria van riebeeck ·

Stem saam ladybug net hartseer dat ander partye vir wie ons stem so stil is oor alles.

Wouter de Vos ·

Korrupsie is ‘n reuse uitdaging vir ons land. Dit is tot almal se nadeel.

Is jy deel van die probleem of deel van die oplossing?

As jy wil standpunt inneem vir waardes, etiek en ‘n skoon lewe is jy baie welkom om by ons veldtog, Onbeskaamd Eties / Unashamedly Ethical aan te sluit.

http://www.unashamedlyethical.com

Jean ·

Hul maak die pap en vleis potte lekker leeg. Oorvreet hulself trommel dik. More is daar niks meer oor nie. So is die wil van afrika, kyk maar noord van die grense hoe voortvarend ander Afrika lande is…kan maar net bid vir die land maar ek is bevrees die trein het klaar die stasie verlaat..en is op dieselfde dwaal spoor as hul daar bo..

Paplepel ·

Gee vir ons hierdie inligting in leketaal asb. Sê hoeveel skole opgegradeer kon word, hoeveel Polisie aangestel kon word, hoeveel Gauteng paaie opgegradeer kon word, hoeveel instandhouding aan die kragstasies gedoen kon word, hoeveel toerusting vir hospitale gekoop kon word. Julle weet, syfers wat ons kan verstaan.

Stevo ·

Paplepel, ek kies sommer die maklikste een… Polisie. Kom ons se jy bele die geld en kry 10% opbrengs. Jy vat net 4% inkomste per jaar sodat jy voorsiening maak vir ten minste 6% verhogings elke jaar. So die inkomste van jou belegging begin op R 28 miljard per jaar. Kom ons betaal die ouens goed. Hulle verdien dit. Gemiddeld R 15 000 per maand. Nou kan jy 155 555 nuwe polisie lede aanstl en jou nooit weer bekommer oor hulle salarisse nie. Dis bietjie minder as die hoeveelheid polisie lede wat ons huidiglik in die land het.

Stevo ·

Nou is die geld nie eers gebruik nie. Jy gebruik net die inkomste wat jy daarop vat.

Canned Phantom ·

Dankie Stevo. So wat jy vir ons sê is dat ons in ‘n utopia kon gelewe het as daar nie soos waansinnige barbare geplunder en geroof was nie? ‘n Utopia sonde e-Tol en lae misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.