Demis Roussos sterf

Demis Roussos

Demis Roussos

Die 68-jarige Griekse sanger, Demis Roussos, is die naweek in ‘n hospitaal in Athene oorlede, berig ANP.

Die nuus het bekend geword toe sy dogter die Franse koerant, Le Figaro in kennis gestel het.

Roussos het aanvanklik naam gemaak as die sanger van die groep, Aphrodite’s Child, en verskeie treffers dateer uit hierdie tydperk.

In 1967 het hy met die komponis Vangelis Papathanassiou, wat net die naam Vangelis gebruik het, saamgespan. Onder die treffers uit hierdie era tel Rain and Tears en ’n verwerking van Plaisir d’Amour.

In die sewentigerjare het hy as solis naam gemaak met onder meer bekende treffers soos My friend the wind en Forever and ever.

Hier volg ‘n musiekvideo van My friend the wind.

http://youtu.be/CTgloMcGh7k

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

cornelia teich ·

Ek wil net se Maroela Media beste ooit. En verniet. Ek. Geniet julle nuus brokkies verskriklik baie

ladybug ·

Rus in Vrede … jou stem sal bly voortleef al is jy nie meer met ons nie!

Elize ·

Ai dis n verlies!!! Demis met My friend the wind, hierdie video vat mens ver terug…… Dit was n lekker liedjie terwyl jy smoorverlief was in ons jong dae

AvraD ·

Ek het nog ‘n langspeel plaat wat hy vir my geteken het…………. Wat ‘n wonderlike stem het hy nie gehad nie. RIP

Leeutjie ·

Nog ‘n IKOON. Ai ek kan na sy stem luister oor en oor en nooit moeg word nie. Hy vat met sy stem my na drome …. I am a dreamer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.