Hierdie is my dogter Surette se rysgereg. – Tannie Poppie
“Ma het my hierdie gereg leer maak en dit is my pa Jan se gunsteling. Wanneer hulle kom kuier moet ek hoor: ‘Maak asseblief jou warm rysslaai.’ Hierdie is opgedra aan pa Jan.” – Surette
Bestanddele:
500 ml rys
1 pak (250 g) spekvleis, fyngekap
2 uie, fyngekap
1 groon, geel of rooi soetrissie, fyngekap
1 houer (250 g) sampioene, fyngekap
2 tamaties, fyngekap
sonneblomolie vir braai
Metode:
1. Kook die rys gewoonweg tot gaar.
2. Braai die spekvleis tot gaar.
3. Braai die uie, soetrissie, sampioene en tamaties in die olie tot gaar.
4. Meng die rys, spekvleis en sampioenmengsel.
Tannie Poppie sê:
Sit dit warm voor as bykos of as ‘n warm slaai. Dis heerlik die volgende dag… warm dit net weer op.
Die resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering