Vir ’n paar uur was Suid-Afrikaners verenig in gebed in die hoop dat die ontsette buitelandse gyselaar in Jemen, die Suid-Afrikaner Pierre Korkie sou wees.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 November 2014
Regter moet nou besluit oor Dewani se vryspraak
Die Britse sakeman Shrien Dewani gaan bykans twee weke lank moet wag om te hoor of sy aansoek om ontslag ná sy vrou se moord, suksesvol was.
Baba L se beserings was nie ‘per ongeluk’ nie
ʼn Tweejarige dogtertjie wat slegs as Baba L bekend staan, se beserings is nie per ongeluk opgedoen nie, sy was die slagoffer van mishandeling, het ʼn mediese kenner Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig.
Benoni-man gevonnis oor vrou se moord
Martin Badenhorst, ʼn versekeringsmakelaar van Benoni in Gauteng, is Dinsdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vrou vermoor het.
Geen name by matriekuitslae
Matriekuitslae wat in koerante gepubliseer word, gaan slegs die identiteitsnommer en eksamennommer van leerlinge bevat, het die departement van basiese onderwys Dinsdag gesê.
Ondersoek ná 2-jarige by kleuterskool brand
Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van aanranding nadat ʼn tweejarige dogtertjie met kookwater in Mmabatho gebrand het.
Aussie kritiek na opslagbal
Die bekende Australiese openingskolwer Phil Hughes, verkeer in ’n kritieke toestand in die hospitaal na hy in ‘n Sheffieldskild-wedstryd teen die kopskerm geboul is.
Juffrou gesleep: Bakkiebestuurder in hof
Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, het Dinsdag in verband met die voorval in die hof verskyn.
Video: 12 Dae van Kersfees deur gesin van Kaapstad geskryf
ʼn Video van ʼn eg Suid-Afrikaanse weergawe van die liedjie, 12 Days of Christmas, is deur ʼn gesin van Kaapstad geskryf.
Onthoofde lyk op strand gevind
ʼn Lewensredder het Dinsdag ʼn gru vonds by ʼn openbare strand in Oos-Londen in die Oos-Kaap gemaak toe hy op die onthoofde liggaam van ʼn man afgekom het.
Man tronk toe na hy kind dwing om ontlasting te eet
ʼn Man is in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis nadat hy ʼn tweejarige seun erg aangerand en die kind gedwing het om sy eie ontlasting te eet.
Goeie nuus: Goedkoper petrol vir die vakansie
Die prys van petrol sal waarskynlik op 3 Desember met ongeveer 75c per liter daal, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 55c behoort te daal.
Pierre Korkie nie een van bevryde gyselaars nie
Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, is nie een van die gyselaars wat deur veiligheidsmagte bevry is nie.
Foto’s: Goeie nuus: Leerlinge pak duisende skooltasse vir liefdadigheid
Die grondslagfase van Laerskool Lynnwood het Dinsdag fluks gewerk om saam met Solidariteit Helpende Hand byna 4 000 skooltassies te pak wat in 2015 aan behoeftige graadeens regoor die land uitgedeel sal word.
Akademia: Kom ons maak ’n wêreldklas- Afrikaanse universiteit
Daar is nou 25 openbare universiteite met 36 kampusse in die land. Tog is Afrikaans oral onder druk omdat ideologie nie logika het nie. Dit is ongelukkig nie net ons taal wat onder druk is nie, skryf Flip Buys.
Oud-Eskom-baas se R22 m.-goue handdruk
Brian Dames, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het glo ʼn goue handdruk van meer as R22 miljoen ontvang.
‘Dronk’ man het buurt op hol
ʼn Man wat glo onder die invloed van alkohol was, het Dinsdag sy woonbuurt in Pretoria se Moot-omgewing op hol gehad nadat hy glo probeer selfmoord pleeg het en daar gevrees is dat hy gyselaars aanhou.
Ma tronk toe oor seksvideo’s met seuns
ʼn 36-jarige vrou van Bethlehem in die Vrystaat is tronkstraf opgelê nadat sy erken het dat sy video’s vervaardig het waarin haar twee seuns, onderskeidelik vier en 10 jaar oud, haar seksueel bevredig het.
Akademia as Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit bekend gestel
Solidariteit het Akademia vandag as Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit bekend gestel.
Amerikaanse seun met speelgoedwapen deur polisie doodgeskiet
ʼn 12-jarige seun is Sondag in Cleveland, Ohio, doodgeskiet nadat hy ʼn speelgoedpistool in ʼn park rondgeswaai het.