Gedagte vir die dag: Pyn

hartseer-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

God sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan. (Openbaring 21:4)

Of dit weens verraad, verwaarlosing, verlating, die breek van ’n arm of gesondheidsprobleme is, die resultaat is emosionele of fisieke pyn. Jy onthou dalk tye in jou lewe toe jy fisieke pyn ervaar het, of die seer van ’n gebroke hart. Jou grootste hoop in seerkrytye is om genesing te vind by God. Al belowe Hy nie om jou pyn weg te neem nie, belowe Hy wel om saam met jou te wees in jou seerkrytye en vir jou hoop en doelgerigtheid te gee. Die belangrikste van alles is: God belowe om jou pyn eendag in die ewigheid vir altyd weg te neem.

Kan die hoop op ’n ewigheid sonder pyn jou help om jou pyn nou te hanteer?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat ek aan elke belofte in U woord mag vashou….my Redder en my God..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.