Tony Bennett sterf

Tony Bennett (Foto: Joseph Prezioso / AFP)

Die legendariese Amerikaanse sanger Tony Bennett is Vrydag in New York dood. Hy was 96 jaar oud.

Bennett was veral bekend vir sy ikoniese liedjies soos “The Way You Look Tonight”, “Body and Soul” en “(I Left My Heart) In San Francisco”.

Bennett het in sy loopbaan saam met groot name in die bedryf gewerk – van Aretha Franklin tot Frank Sinatra.

Lady Gaga en Tony Bennett. (Foto’s: Tolga Akmen en Joseph Prezioso / AFP)

Sylvia Weiner, Bennett se woordvoerder, het sy dood vroeër vandag bevestig, berig BBC. Die oorsaak van sy dood is nie in dié stadium bekend nie.

Alzheimer se siekte is in 2016 by Bennett gediagnoseer.

Bennett het in 2014 op die ouderdom van 88 die oudste persoon nóg geword om ʼn nommer een op die Amerikaanse albumverkopelys te behaal met sy versameling duette saam met Lady Gaga.

In sy loopbaan het hy miljoene plate verkoop en nie minder nie as 20 Grammys gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.