Verhoor begin 4 jaar ná boer se moord

Attie Jooste (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes wat weens die moord op Attie Jooste (60), ʼn boer van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap teregstaan, word ná verskeie vertragings eindelik verhoor.

Jooste is op 7 Januarie 2018 op ʼn kleinhoewe by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap vermoor.

Lucky Bohelo (30), Kerneels Persent (28) en Nicardo Hutama (28) se verhoor sou aanvanklik verlede week in die hooggeregshof in Kimberley afgeskop het, maar die verrigtinge is vertraag omdat Bohelo nie vir die hofsaak opgedaag het nie.

Bohelo is intussen vasgetrek en bly saam met sy medebeskuldigdes in aanhouding.

Lucky Bohelo (30), Kerneels Persent (28) en Nicardo Hutama (28) (Foto: Verskaf)

Die saak het toe Maandag amptelik begin en is tot 28 Oktober op die hofrol.

Pierre Loock en Kiewiet Swanepoel, lede van die Vaalharts-veiligheidsgroep by die Q&R-persele en vriende van Jooste, het Maandag die hofsaak bygewoon.

Volgens Swanepoel was die verdagtes baie ontspanne in die hof en het “gesels en gelag ”.

Reinette Liebenberg, DA-woordvoerder oor landbou in die Noord-Kaap, sê die party is hoopvol dat daar geen verdere vertragings in die lewering van geregtigheid sal wees nie.

“Aangesien hierdie saak reeds meer as vier jaar sloer, bly die DA bekommerd oor lang tydsduur van hierdie en ander moordsake. Ons vertrou dat die gehalte van die ondersoekproses in hierdie moordverhoor nie die skuldigbevindingsproses in gevaar sal stel nie,” sê Liebenberg.

Maroela Media het destyds berig Jooste se liggaam is die oggend ná die moord in sy huis op die kleinhoewe aangetref. Hy is glo met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek.

Jooste se bakkie is ook verlate langs die pad naby Jan Kempdorp gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariana ·

Maar natuurlik sal hulle lag en gesels in die hof. Vir hulle is dit mos grap en prestasie om te moor. Hoop hulle kry wat hul toekom, maar met ons regstelsel weet mens nooit.

Suzette ·

Dit is onaanvaarbaar en ‘n skande dat verhore in hierdie land so lank sloer. Maar onaanvaarbaar en skande is sekerlik nie deel van die begrip van our people nie.

Marelize ·

2018 ? Rerig Is dit omdat die wiel stadig draai of het hy dalk vir ‘n ruk glad nie gedraai nie?

My siening ·

Draai baie stadig weense onbevoegde ondersoeker wat te lui of te rasisties is om te ondersoek, maar dis hoe die land werk, vat nou Rammaposa is 4 jaar aan bewind en het daar iets erens gebeur behalwe agteruitgang met die prys misdaad floreer!

Lillian ·

sal hulle nie “phase” om tronk toe te gaan nie, dis mos ‘n 5-ster hotel daar binne.

Jakes ·

Die boer is deur gewetenlose gemors vermoor. Om hulle tronk toe te stuur sal niks help nie. Bring die doodstraf terug en kyk hoe vinnig sal misdade soos moord en verkragting end kry.

quartus ·

Ons regspleging is nie juis in n goeie toestand nie. Slakkepas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.