Nat agter die ore

Daniel Hoffmann

Daniel Hoffmann het in Middelburg grootgeword en die verhoog is geen vreemde plek vir hierdie 23-jarige nie. Hy was al reeds op die verhoog toe hy slegs tien jaar oud was. Sy liefde vir musiek en mense het net sterker geword deur die jare en vandag is Daniel besig om sy kinderdroom te verwesenlik. Toe hy in 2009 saam met Country legends, Bobby Angel en Billy Forest aan ‘n musiekvertoning gewerk het, was hulle onmiddelik bewus van die jong man se talent en net daar en dan is besluit om ‘n CD van hom op te neem. Na baie dae en nagte, in John Lindemann se JSL ateljees, is oor en oor gesoek na die regte liedjies en na baie sweet en trane en hulp van BO, is “Nat agter die ore” gebore.

Sy CD bevat uitstekende liedjies, meeste van die liedjies het ‘n tikkie boeremusiek in, sowel as lekker humor. Daniel is ook genomineer vir ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Humor / Komedie Album, saam met ander groot name soos Robbie Wessels, die Flooze en Thys die Bosveldklong. Daniel Hoffmann is nog “Nat agter die ore” in die Afrikaanse musiekbedryf, maar beslis ‘n kunstenaar om mee rekening te hou. (Leo Musiek)

Speellys

  1. Soen my op my boepie
  2. Duskant die Jukskei
  3. Jy behoort aan my
  4. Flossie moet my nie lossie
  5. Suiderland (duet met Cecilia Jane)
  6. Voordat mammie my mis
  7. Boude
  8. Polla polla polla (duet met Cecilia Jane)
  9. Wynkan
  10. Nooit weer nie
  11. Neem my saam (duet met Cecilia Jane)
  12. Vat my maak my joune
  13. Die lewe van ‘n Boerklong
  14. Wys jou muis

vorige artikel

Cheree In my Drome

In my drome

Chereé

Na 3 jaar se wag, ‘n SAMA nominasie en verskeie ander toekennings vir haar treffer album, Country Girl, is die 30 jarige Kaapse Country diva terug met mening! Chereé, tesame met haar platemaatskappy, Leo Musiek, bring ‘n nuwe album wat die klanke van Moderne- en Klassieke-Country tesame met hedendaagse Pop/Rock klanke vermeng. In my drome kan met reg beskryf word as haar beste werk tot dusver. Chereé laat reg geskied aan nie minder as 10 splinternuwe Afrikaanse sowel as Engelse liedjies. Die produksie van 8 van die liedjies op hierdie abum is behartig deur twee maal Grammy Award wenner, John Lindemann, klankingeneur vir die legendariese Ladysmith Black Mambazo. Hy is bygestaan deur Country legendes Billy Forrest en Bobby Angel wat sonder twyfel die beste uit Chereé se ongelooflike stem gekry het en nuwe lewe geblaas het in treffers soos; “You Needed Me” en die aangegrypende ”Peace Train”. Die ander 8 liedjies is onder produksie van die jong Murry Lubbe opgeneem. Met sy liefde vir Moderne Country musiek slaag hy daarin om die ‘Carrie Underwood’ uit Chereé te kry. In my drome is ‘n vertoonvenster vir die top liedjieskrywers in SA asook nuwe talent: Tony Ridgway is wel bekend as liedjieskrywer vir top Suid Afrikaanse kunstenaars en is ook lid van die welbekende Kaapse Country band Rocking Horse. Op hierdie album is hy verantwoordelik vir die treffer “Tie Tok”. Pierre Rossouw is ietwat onbekend as liedjieskrywer, maar met 4 liedjies op Chereé se album, insluitend die titlesnit “In My Drome”, bewys hy dat hy geensins hoef terug te staan vir ander liedjieskrywers in SA nie. Lize Beekman, bekende kunstenaar en liedjieskrywer, is verantwoordelik vir ‘n Engelse skepping wat verseker oor radiostasies landwyd gehoor gaan word. Finalis in 2009 Huisgenoot Tempo Liedjieskryf Kompetisie, Semandie Gerber, spog met haar skepping “Hier Is My Hart”, ‘n liedjie wat jou tot diep in jou siel sal raak. William Blackrose is verantwoordlik vir die treffer lied , “Droomvrou”, wat Chereé saam met Wynand Strydom sing. Chereé verras met 3 krag duette op hierdie cd. “Droomvrou”, opgeneem saam met haar verloofde Wynand Strydom en gaan verseker ‘n groot treffer wees aangesien dit geloofwaardig is omdat Chereé en Wynand ook hulle lewe saam as paartjie deel. Die populêre alternatiewe kunstenaar, Snotkop, span kragte saam met Chereé om ‘n nuwe vars weergawe van Dolly Parton se “9 to 5” te bring. Chereé en Sarah Theron se weergawe van Anne Murray se klassieke lied , “You Needed Me”, is asemrowend! Chereé is ‘n welbekende kunstenaar, wat die hele land vol reis, en sodoende haar talent as sanger met die hele Suid Afrika en sy mense deel. Die musiek video van haar titelsnit, In My Drome, is alreeds op nasionale TV te sien. (Leo Musiek) Speellys
  1. In my drome
  2. Tiek Tok
  3. Kan nie weer val
  4. Hier is my hart
  5. Rondomtalie
  6. Maybe I
  7. Klop van my hart
  8. Lovestory
  9. Droomvrou
  10. 9 to 5
  11. Ek en jy hoort saam
  12. Peace Train
  13. Mis jy my
  14. You needed me
  15. My baby loves me
  16. 30 Dae in die Somer

volgende artikel

MarNet cover

Dag & Nag

MarNet

Die uiteenlopende tweeling, Johannette en Marise, is terug met ‘n splinternuwe polsende dansalbum soos net die tweeling kan!!!! MarNet bring aan hulle aanhangers ‘n splinternuwe album wat die dansbane gaan volhou. Die twee verskil soos Dag en Nag en daarom het hulle besluit om die album ook Dag en Nag te noem. Noted Music (Dirk van Niekerk) was verantwoordelik vir die opname en programmering van Dag en Nag. Jaco van Deventer was verantwoordelik vir die kitaarwerk. “Hierdie is ‘n droom wat vir ons waar word, dis presies waarnatoe ons die afgelope paar jaar gewerk het. Ons het vir 3 jaar gesoek na die perfekte liedjies en self ook geskryf en geskaaf. Die laaste snit op die album, Ons koning, het ons spesiaal geskryf vir Hom wat vir ons die talente gee om ‘n glimlag op ander se gesigte te sit,” het die tweeling soos een verklap. Wanneer MarNet die verhoog tref, oorrompel hulle die gehoor met ongekunstelde eerlikheid en spontaniteit. Hulle vertoning bestaan uit treffers van toeka tot nou en natuurlik die treffer-liedjies van hul nuwe album “Dag & Nag”. MarNet spot gedurig hulle is eintlik een mens wat in twee gedeel is. Marise het die regterbrein gekry: Kreatief en uitgesproke, ietsie tussen ‘n Waterdraer en ‘n Skerpioen. Johannette dink en doen met die linkerbrein: gewis met ‘n “angel”. Hulle is geensins vinkel en koljander nie, inteendeel, hulle het ook al moed opgegee om mense te oortuig hulle is ‘n tweeling – Hulle lyk dan nie eers na mekaar nie en verskil soos Dag & Nag. Hierdie CD is beslis een van 2011 se lekkerste dans CD’s en gaan sorg dat die dansbane volbly en almal lekker saam kuier! (Leo Musiek) Speellys
  1. Nie meer hier nie
  2. Bly by my
  3. Baby
  4. Dag & Nag
  5. Dit is wat ek wil hê
  6. Bittersoet
  7. Hoekom nie
  8. Jy is vir my bedoel
  9. Dans met my
  10. Dit voel soos Lente
  11. Ace of Base medley
  12. Ek hou van jou
  13. Ligjare ver
  14. Sweet sweet smile
Bonussnitte
  1. Let the river run
  2. Ons Koning