Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn jong meisie wat vinnig reageer het toe ʼn dief haar selfoon wou steel, word wyd op sosiale media versprei.
Die voorval het glo by ʼn ondergrondse treinstasie in Rusland plaasgevind.
Die dief gryp aanvanklik haar selfoon, maar sy val hom eers met haar handsak aan voordat sy hom skop, die selfoon gryp en weghardloop. Die dief bly op die grond lê.
Volgens die besonderhede op die skerm het die voorval reeds in Julie 2013 plaasgevind, maar die video word nou weer op sosiale media versprei.
https://youtu.be/BO3QEw34QNM
Puik gedoen jong dame, lafaard het gekry wat hy soek, moes hom nog geskop het toe hy le.
Go karate girl!!! Dis nie die grootte wat tel nie… dis die tegniek!
Tussen die mikke !!! daar waar dit die seerste maak . Vat so jou lafaard.
N ou video maar steeds goed om die lagspiere te kielie. Daai klokke gaan vir lank nie lui nie!!
Wonderlik om te sien! Maar let bietjie op: Foeitog, die arme ou drommel word nie eers deur verbygangers later gevra wat hy op die vloer soek nie!
mooi so hoe skryf mens dit in Chinees?