“My God, My God waarom het U my verlaat?” – Psalm 22:2
God is in die absurdheid, waar daar geen rede is nie. God is daar wanneer alles uitmekaar uit val en dalk is dit op ’n manier die sin van alles.
God met ons.
Ek is seker jy het al die heilige oomblik beleef om net saam met iemand in hulle pyn te wees? Wanneer ’n vriend wat ’n kind verloor het, iemand wat geskei is, iemand wat gehoor het hulle is dodelik siek. Om net hulle skree te hoor, om net daar te wees, om sonder antwoorde of rede saam met hulle te sit en bloot te wees. En wanneer iemand jou pyn hoor, jou pyn en seer bloot erkenning gee, is dit genoeg; dit is genoeg om te kan aangaan, om op te staan, om weer te probeer. Dalk is dit die vreemde, absurde antwoord tot geen rede. Ons kan aanhou.
Dink hieraan
Dit is wat en wie God is: God is Emmanuel. God is met ons.
Doen dit
Volgende keer wanneer iemand so seer het; eerder as om “antwoorde” te gee, luister eerder en wees net daar.
Gebed
Here, ek weet U is in my dal van doodskaduwee, U is by my as my vyande rondom my is. Help my om by ander te wees soos wat U by my is. Amen.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Baie, baie dankie.