Die polisie in Brits, Noordwes, is op soek na vier “gevaarlike” verhoorafwagtendes wat Vrydag in ʼn polisievoertuig ontsnap het.
“Chris Sithole (24), Alfonso Mpofu (25), Gibson Msimango (25), al drie van Zimbabwe, en Ontse Lebese (27) van Ga-Rankuwa, het ontsnap toe polisiebeamptes hulle van Mogwase-gevangenis na die Brits-landdroshof vervoer het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. Die vier het ontsnap toe die polisie hulle en ander vier verdagtes na die hof vervoer het.
Sithole en Mpofu is albei in hegtenis geneem op aanklagte van verkragting, moord en roof. Die ander twee verdagtes, Msimango en Lebese, is albei in hegtenis geneem vir huisbraak.
“Die ondersoek oor die ontsnapping duur voort,” het Hlathi bygevoeg.
Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het haar ontevredenheid oor die voorval uitgespreek. “Geen steen sal onaangeraak gelaat word om tot die kern van hierdie ontsnapping te kom nie,” het sy gesê. “Enige lid wat verantwoordelik is of nalatig was, sal aanspreeklik gehou word en behoorlike stappe sal gedoen word.”
Enigiemand met inligting oor die verdagtes word versoek om met kaptein Jonas Masinamela by 082 416 0712 in verbinding te tree.
Het die polisie dalk vergeet om hulle dubbel te boei (enkels en polse) maar ag nou hoef hulle ook nie aansoek te doen vir borgtog nie, nee wat hulle het gedink kom ons vat die shortcut.
Hoekom is die woord gevaarlike in aanhalingstekens? Hulle word tog gesoek vir moord en verkragting!
Dagsê Mariette
Die polisie het die verdagtes as “gevaarlik” beskryf, dit is nie ‘n beskrywing wat ‘n nuuswebwerf aan enige persoon of verdagte kan toedig nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Mbeki het mos die land oopgestel vir invoeters. Nou wat kan ons verwag. Robert Mugabé!!!!
Hulle het IN ‘n polisievoertuig ontsnap. Dus het hulle MET ‘n polisievoertuig verdwyn.
Dis wat die berig sê . . .
Jy Lees verkeerd, wat die artikel insinueër is dat hulle tydens die reis in die voertuig ontsnap het. Dit wil sê hulle het nie in die selle, tronk, hof of in die straat ontsnap nie. Daar kon verskeie oorsake wees hoe hulle kon ontsnap bv. ander voertuig wat hulle inblok en met vuurwapens dwing om die gevangenes vry te laat, soos talle films al gewys het. Dit is wat die artikel bedoel en wat Daar staan, nêrens staan Daar hulle het met ‘n polisie voertuig ontsnap jy voeg nou jou eie storie by…
MM, wat het van my antwoord geword op Die waarheid se antwoord aan my?
Ek sal graag wil weet waar ek oortree het. Terloops is die spelling ‘insinueer’ vir daardie ding met die umlaut u.
Hoekom is gevangenes nie in voetbooie nie?
Fanie ek weet nie so reg of jou kommentaar gaan oorleef nie na jy die ouens se fisieke voorkoms so raak beskryf het nie kom ons kyk maar wat gebeur.Ek stem in elk geval met jou saam.
So mag die “media” net berig persoon/e is “gevaarlik” as die betrokke media self slagoffers was.
So hoekom is ontsnaptes nie ook in aanhalingstekens nie? Die polisie het dit ook gese en wie se hulle is regtig polisie en nie “polisie” nie.
Is hierdie “kommentaar” wel kommentaar of ek weet nou nie meer so mooi nie .