Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) werk saam met Identipet, ʼn mikroskyfie-maatskappy in Suid-Afrika, om eienaars te herenig met hul verlore troeteldiere.
“Die DBV glo in verantwoordelike troeteldier-eienaarskap en maan alle troeteldier-eienaars om mikroskyfies in hul diere te plaas om seker te maak hulle kan veilig terugkeer indien hulle van die huis af wegloop,” het Meg Wilson, woordvoerder van die DBV, gesê.
“Meeste verlore diere word na die plaaslike DBV geneem waar hulle geskandeer word vir ʼn mikroskyfie om die eienaar se besonderhede te bepaal. Talle diere het egter ongelukkig nie mikroskyfies nie en die troeteldiere kan nie met hul eienaars herenig word nie. Dis daarom noodsaaklik dat troeteldiereienaars verantwoordelikheid neem en hul eienaars met mikroskyfies toerus.”
Sy het gesê dis belangrik om te noem dat mikroskyfies nie ʼn opspoortoestel is nie, maar slegs ʼn identifikasie-inplanting, omtrent so groot soos ʼn ryskorrel, wat permanente ID vir diere bied.
Identipet is die Suid-Afrikaanse verspreider van mikroskyfies vir Allflex/Destron Fearing, die wêreld se grootste vervaardiger van mikroskyfies wat ingeplant kan word. Identipet-mikroskyfies word maklik uitgeken deur die Identipet-databasis en dit lei daartoe dat verlore troeteldiere vinnig na hul huise kan terugkeer.
Data wys dat ʼn verlore troeteldier, wat ʼn mikroskyfie het, word gemiddeld binne twee ure met sy eienaar herenig, teenoor verskeie dae lank voor ʼn dier sonder ʼn mikroskyfie geïdentifiseer word.
“Wees verantwoordelik en maak seker jou troeteldier het ʼn mikroskyfie. Jou beste vriend is dit werd,” het Wilson gesê.
Baie goeie ding in gebiede waar troeteldier daagliks gesteel word om verkoop te word.
Snoefie, eks nou nie snaaks nie ne, maar as jy nie R400 vir dit kan betaal nie moet jy nie n troeteldier he nie… dit het niks te doen met hoe wit jy is nie
My worsie is nou al n jaar weg en het n mikroskyfie in so dit werk ook nie. As mens opspoorder onder die vel kan sit sal dit werk
Wat is die pryse en kan DBV die diens lewer?
Kan pensonarisse korting kry?
MICHAEL BARNARD. Is daar ‘n verskil tussen ‘n mikroskyfie en soos jy dit noem: ‘n opspoorder onder die vel? Mikroskyfies is vir my die antwoord want ek het dit self in my diere.
n Mikroskyfie stel jou nie in staat om te weet waar jou dier is nie. Diegene wat die dier kry moet hom na die veearts toe NEEM om die hond te laat identifiseer en dan eers kan hul na die inligting wat hul kry, die eienaar in kennis stel.