Nog goeie nuus vir motoriste verwag

petrolpomp 2

Argieffoto.

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Woensdag gesê hy vermoed brandstofpryse sal volgende maand weer daal.

Die AA het gesê voorlopige syfers dui op beduidende verlagings van alle brandstofpryse.

“Die rand het die afgelope maand sterk vertoon, afgesien van ʼn daling ná die openbare beskermer se omstrede uitsprake oor die rol van die Reserwebank,” het die AA gesê.

“Internasionale petroleumpryse het terselfdertyd ook aanhou daal. Dit is inderdaad goeie nuus vir talle in die huidige ekonomiese klimaat.”

Die AA voorspel dat petrol met tot 69c per liter sal daal, diesel met 62c per liter en paraffien met 58c per liter.

Die AA meen die daling in die prys van paraffien sal veral voordelig wees vir mense wat dit gebruik vir doeleindes soos ligverskaffing, kook en hitte in die wintermaande.

“Dit bly egter moeilik om vooruitskattings te maak in die lig van die huidige klimaat van politieke onstabiliteit en swak ekonomiese toestande. Ons raai alle brandstofverbruikers aan om hul begrotings aan te pas en ruimte te laat vir moontlike verhogings indien die situasie dalk verder agteruitgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swartkat ·

Stem saam, elke keer as die brandstof prys verhoog word , word kos se prys verhoog , maar as die petrol prys daal, daal die kos pryse nie. Oumense en die armes kan nie meer kos koop nie SKANDE

A3 ·

Hulle verlaag dit om dit net dubbel te verhoog na die skoolvakansie – gebeur elke keer :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.