Teenkanting oor formule vir landbougrondwaardasie

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake is gekant teen die voorgestelde eiendomswaardasieformule in die Eiendomwaardasiewetsontwerp wat spesifiek van toepassing sal wees op grond wat vir grondhervorming geoormerk is en/of vir onteiening deur ’n staatsdepartement geïdentifiseer word.

AfriSake is tans besig om kommentaar op te stel wat hy by die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gaan indien.

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het die werking van die voorgestelde formule soos volg uiteengesit: Indien ’n plaas ’n markwaarde van R1 miljoen en ’n netto inkomste van R100 000 per jaar lewer, bepaal die formule dat die som van dié twee bedrae deur twee gedeel word, wat sal neerkom op ’n waardasie van R550 000 – die helfte van die werklike waarde van die grond.

“Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, en sy destruktiewe regulasies en beleide sal grootliks aanspreeklik wees vir die ondergang van voedselsekerheid en ’n florerende landbou-ekonomie,” het Charles Castle, bestuurder by AfriSake, gesê. “Hierdie wetsontwerp is net nóg ’n spyker in die doodskis van ekonomiese groei in en ontwikkeling van die landbousektor.”

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, het intussen ook die Wetsontwerp op Eiendomspraktisyns ingedien. Dié wetsontwerp beoog om eiendomsagente te reguleer om onder meer die eiendomsmark te transformeer.

Ander onlangse wetsontwerpe, beleide en voorstelle wat eiendomsreg direk bedreig, sluit in die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit, die voorgestelde Grondhervormingwysigingswet, die voorstel van ’n welvaartbelasting op grond en ’n nasionale belasting op die waarde van eiendom bo en behalwe gewone munisipale erfbelasting.

AfriSake sal met die ondersteuning van sy lede onverpoosd vir ekonomiese welvaart en vryheid vir alle Suid-Afrikaners voortveg.

18 Kommentare

Johann Marx ·

En wanneer gaan hierdie land se mense “equal” wees volgens die ANC? Die dag as almal ewe NIKS oor het nie!!

Paul ·

Die artikel laat een van die belangrikste verdere dele van die voorstel uit.

Daar word ook voorgestel dat enige grond wat ge-erf is of as ‘n geskenk verkry is, se waarde toe dit ge-erf is in ag geneem moet word, aangepas vir inflasie, en dat dit van die vergoeding afgetrek moet word voor die bedrag in twee gedeel word.

So as mens die voorbeeld hierbo neem en ‘n boer het sy plaas dekades gelede ge-erf toe die grond byvoorbeeld R300 000 werd was, dan sal die waarde destyds in ag geneem word, aangepas vir inflasie intussen. Hulle noem dit die “acquisition benefit”. Aangepas sal dit meer wees as die R1.1 miljoen. Dit sal dan beteken dat die vergoedingsbedrag ‘n pragtige ronde nul sal wees.
Verder sal hulle ook enige vorige staatshulp of subsidies in ag neem en dit aftrek van die vergoedingsbedrag.

So raai vir watter grond gaan die regering eerste kom? Erfgrond. Dit gaan hulle volgens die reëls kan vat vir, in baie gevalle, geen vergoeding.

Frederik ·

Teen die tempo wat die anc die staatskas leeg steel, glo ek nie daar is geld vir enige vergoeding aan boere nie. 1933 – Depressie. 2033 – Depressie.

Zirk ·

Dis duidelik dat die regering nou elke triek in die boek probeer, om grond te herverdeel. As hierdie poging misluk, kom hulle net weer later met ‘n nuwe truuk. So sal dit aangaan tot die koeie huistoe kom.

Gert ·

Woord som: So my plaas is 6mil werd, ek skuld die bank nog 5mil. Die regering se “formeeula” se my plaas gaan nou gekoop word deur hulle vir 2mil. Mag ek dan die wild en toerusting verkoop om die res van die skuld by die bank te betaal of behoorf dit aan die nuwe aspirant boer.

jaco ·

nasionaliseer die grond en sommer die hele ekonomie en kry finaal klaar. Deporteer sommer ook die wit kapitalistiese uitbuitende rassistiese wit mense na hulle lande van herkoms. hierdie national democratic revolution van die ANC hou nou al langer as 23 jaar aan. Hulle ideologiese mentors Marx, Lenin, Stalin, Mao en Castro se rewolusies was almal baie vinniger. In baie van hierdie kommunistiese lande was ook nie beurtkrag, plakkerskampe en hoë misdaad nie. China pas vandag nog die doodstraf toe, meer as 1000 maal per jaar.

Stev ·

En “hulle” dink regtig dat hierdie stukkie papier gaan veroorsaak dat ons net terug sit en toekyk hoe ons beroof word…..kom probeer dit !!!

John ·

Een of twee mense kan nie weer soos voor 1994 skielik namens die res praat en besluit nie. Die besluite gaan gewettig word asof almal saamstem. Die belangrikste vraag is, hoekom in die eerste plek die vergrype toelaat. Dit is tans teen die wet. Staan die verandering teen in die grondwethof… hoor…. GROND-wet-hof. Dit klink nou of iemand beplan om jou huis te beroof en jy aanvaar dit bloot as ‘n gegewe hoewel dit onwettig is en dan maar bang-bang soos De Klerk & kie begin onderhandel en smeek dat hulle tog nie ouma se antieke waskom moet vat nie of my darem ietsie moet gee sodat ek ‘n platiek emmertjie by die uitlandse slams kan gaan koop…. seblief tog. Kry advokate en finansfundi’s. Bogenoemde redenasies bekommer…. Onthou die plan van die regering is tans teen die wet… dws diefstal EN staatskaping. Werk eerder aan bewyse soos hoeveel staatsgrond en plase te koop is en gaan grondwethof toe om die kommunistiese-Kubaanse-vergrype te keer: ‘N TOTALE OMVERWERPING VAN DIE STAARSBESTEL IS EINTLIK HIER TER SPRAKE. Die SARK het dit gister bevestig. Kry hulle as ondersteuners. Die plaasmoorde soos die terroriste-eskapades voor 1994 wil mense dwing om gou-gou boedel oor te gee soos destyds… en weer sonder om te kwe. NEE!

JP vd Merwe ·

Ironies dat die regering wat beskuldigings rondslinger van grond wat gesteel is op elke moontlike geleentheid na maniere soek om ook grond te steel. Totaal onaanvaarbaar.

al ·

Klink meer soos ñ staatskaping wat daardie Engelse biskop gisteraand op Kyknet nuus die regering beskuldig van o.a. Eskom, SAA ens – landbou nog ñ manier van steel.

Andries Linde ·

Die konsepwet wat ek het lees dat die markwaarde + huidige gebruikswaarde deur 2 gedeel word. Huidige gebruikswaarde word gedefinieer as netto huidige waarde van (netto?) kontantinvloeie en ander voordele. Die netto huidige waarde van R100 000 per jaar sal waarskynlik ook ongeveer R500 000 wees. Ek dink Dr Jeffrey se berekening is nie korrek nie.
Die ander bepalings omtrent aftrekkigs is die groter probleem.

marous ·

Hul oogmerk is om die wit Afrikaner die see in te verdryf. Natuurlik gaan hulle ‘n boer of twee op ‘n eiland omring deur haters los , todat hulle self die pad sonder vergoeding vat. Die dorpe en stede se dag gaan ook kom , binnekort. Vernietig alles , moet nie eers ‘n hoek paal los nie.

CHRISTA ·

As ek ‘n boer is en hulle my plaas wil afneem sal hulle daardie plaas KAAL kry! Nie eers ‘n stuk geroeste metaal sal hulle daarop kry nie. Elke waterpomp en windpomp sal weg wees, elke boorgat sal opgeblaas wees – hulle kan hulle EIE boorgate boor en soek vir water! Hulle sal daardie plaas afgebrand kry (soos wat die Engelse mos met ons Boere gedoen het tydens die Boere-oorlog) en DAN sal ons sien HOE gewillig hulle nog is om te gaan boer! Hulle dink mos jy sit heeldag op jou stoep en pyp rook! Hulle is in vir ‘n helse verrassing!! Hulle sal skaars die plaas hê dan sal die plaas verkoop word (soos hulle met die RDP huise maak wat hulle by die Staat kry). ‘n Mens waardeer NIKS as hy nie daarvoor werk nie!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.