Glen Campbell, die Amerikaanse countrysanger, is in die ouderdom van 81 dood in Nashville.
Campbell is veral bekend vir treffers soos “Rhinestone Cowboy” en “Southern Nights”.
CNN berig sy familie het Dinsdag ʼn verklaring op Facebook gelaai wat as volg lui: “Dit is met swaar harte dat ons die dood van ons geliefde man, pa, oupa en legendariese sanger en kitaarspeler aankondig. Hy het lank en moedig teen Alzheimer se siekte geveg.”
Independent.co.uk berig hy was een van ʼn gesin van 12 kinders.
Hy het meer as 45 miljoen albums verkoop waarvan 12 gouestatus behaal het. Altesaam 75 van sy liedjies het treffersparades gehaal.
Campbell het ook kitaar gespeel in Frank Sinatra se treffer “Strangers in the Night”, The Monkees se “I’m a Believer” en Elvis Presley se “Viva las Vegas”.
‘n Legende in die musiekbedryf!
So hartseer as die ou manne wat musiek vir ons groot gemaak het val. RIV aan ‘n ware legende.
Kan nie glo hy was al so oud nie. Beslis ń legende!!
En een van die beste kitaarspelers ooit. Min mense weet dit – selfs die rockers het hom daarvoor bewonder.
R.I.P Glen!
Sterkte aan die familie en vriende.
Wanneer ‘n moeilike dag voorle sit ek Rhinestone Cowbow kliphard in die en sing nog harder saam.
Dit laat my nie net beter voel nie maar sommer “empowered” ook.
Hy sal gemis word. My kinder jare idol gewees. Rus in vrede
‘n Ware legend inderdaad Rus in vrede
Dankie Glen vir al die mooi “memories” in die dae toe ek en my vroulief nog uitgegaan het in die vroee 70s.Jou stem en kitaar het regtig ons lewe ingekleur. R.I.P.
Ai, so kom alle goeie dinge ook tot `n einde. Dankie tog laat sy musiek sal bly voortleef
Ek was nog altyd n country musiek fan, wens dit wil weer herlewing kry in SA. RIV Glen C. Jy musiek is nie vir altyd dood nie, eendag luister ons weer na jou in die hemel.