Die Sharks-senter André Esterhuizen is swaar gestraf vir ʼn boorvat op ʼn teenstander in sy span se Superrugby-wedstryd Saterdag teen die Rebels.
Luidens ʼn verklaring wat Sanzaar Maandag uitgereik het, is Esterhuizen vir ses weke geskors nadat hy skuld op die boorvatklag erken het.
Die aanvanklike straf is op tien weke gestel, met ʼn bykomende week vanweë verswarende omstandighede omdat hy in 2015 op ʼn soortgelyke aanklag skuldig bevind is.
“Die speler se optrede was roekeloos en hy het die teenstander in ernstige gevaar gestel,” lui die verklaring.
Daar was egter ook versagtende omstandighede soos die speler se goeie gedrag tydens die tugprosedure, sy verskoning op die veld aan die teenstander, sy berou en sy vroeë skulderkenning.
Op grond hiervan is die straf tot ses weke verminder.