‘n Poolse tandarts staar drie jaar tronkstraf in die gesig na sy glo al haar ekskêrel se tande uitgetrek het nadat hy hul verhouding verbreek het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 1 Mei 2012
Speelgoedgeweer gebruik om piesang en sigaret te steel
Twee mans is in Katlehong aangekeer nadat hulle glo ‘n 50-jarige man met ‘n speelgoedgeweer van sy sigaret en piesang beroof het.
Man per ongeluk in sel vergeet
Die federale owerheid in Amerika sal hul aanhoudingsfasiliteit ondersoek na ‘n 24-jarige student glo vir vyf dae lank in ‘n aanhoudingsel vergete gebly het.
So byna op heterdaad betrap
Twee mans wat van ‘n roof verdink word is in ‘n padblokkade in Soweto met kontantbokse van ‘n sekuriteitsmaatskappy in hul kattebak en ongelisensieerde vuurwapens vasgetrek.
Nuuskommentaar: Werkersdag en die e-tol
Dat Werkersdag en die voorlopige sneuweling van e-tol byna saamgeval het, is toevallig maar nie simbolies onbelangrik nie. Werkers en werkkersorganisasies was sentraal in die verset teen die instelling van e-tol.
Polisie ingeroep by Parow-vertoning
Die kletsrymer, Jack Parow, moes die naweek ʼn vertoning by die Winterfees in Newcastle, KwaZulu-Natal, kortknip nadat ʼn ontstoke lid van die gehoor op die verhoog probeer klim het om hom by te dam.
Skote geskiet op geskorste Mdluli-aanklaer
Die geskorsde teenkorrupsie-aankler, adv. Glynnis Breytenbach, beweer daar is drie weke gelede op haar geskiet terwyl sy op pad was huis toe.
Tshwane-metroraad mag straatnaamborde opsit
Die Tshwane-metroraad kan voortgaan met die oprigting van nuwe straatnaamborde in Pretoria.