Elise Lombard, uitvoerende hoof van die Northerns-krieketunie (Titans), is Donderdag oorlede.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 Augustus 2012
Paramedici beroof na noodoproep
Twee paramedici van Gardmed is Woensdag naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap aangehou en beroof nadat hulle op ʼn noodoproep reageer het.
SA 4×400 m-aflosspan deur na finaal
Suid-Afrika se 4×400 m-aflosspan vir mans gaan aan Vrydag se finaal deelneem.
SAPD-rangstelsel gee wittes nie gelyke geleenthede – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit sê hy het ʼn saak van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om drie polisielede volgens die nuwe rangstelsel te bevorder.
Vier sterf in botsing op N2
Vier mense is Woensdagaand dood in ʼn ongeluk op die N2 tussen Mosselbaai en Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
16 beseer in busongeluk in Limpopo
Sestien mense is beseer, waarvan drie ernstig, in ʼn busongeluk Donderdagoggend op die R71 naby Tzaneen in Limpopo.
Boer vermis na Kareedouw-vloede
Frits Myburgh, ʼn boer van Kareedouw in die Oos-Kaap, word vermis nadat sy motor Dinsdagaand van ʼn laagwaterbrug deur vloedwater meegesleur is.
SA swemhelde luid toegejuig
Honderde mense het Donderdagoggend by die O.R. Tambo-lughawe bymekaar gekom om die Suid-Afrikaanse swemspan te verwelkom na hul terugkeer van die Olimpiese Spele.