Die raad van Atletiek Suid-Afrika (ASA) is Saterdag tydens ʼn jaarlikse algemene vergadering in Johannesburg ontbind.
Lees meerAlles vir Saterdag 30 November 2013
SA aktrise glo in Botswana aangerand
ʼn Suid-Afrikaanse aktrise is glo in Botswana aangerand, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking Saterdag gesê.
‘Duidelikheid oor Nkandla-verslag nodig’
Die Vryheidsfront Plus sê hy soek duidelikheid van Thuli Madonsela, openbare beskermer, rakende die bevindings in haar ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.
Vermiste vliegtuig gevind, geen oorlewendes
Die polisie in Namibië het die wrak van die vliegtuig wat Vrydag onderweg van Mosambiek na Angola vermis geraak het opgespoor. Niemand het die ongeluk oorleef nie.
Groot Gat-hond: Redder nou haar baas
Ao. John Seeley het die hond wat hy verlede week uit die Groot Gat in Kimberley gered het wettiglik aangeneem, het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging Saterdag gesê.
Mbeki laat vaar konvooi, stap in middestad
Oudpresident Thabo Mbeki het Vrydag na die stadsaal in die Johannesburgse middestad gestap nadat sy motorkonvooi in verkeer vasgesit het, berig die Saturday Star.
Geen bieërs by Mandela-veiling
Nie ‘n enkele bieër het Vrydag opgedaag vir ʼn veiling van Mandla Mandela se vee in Mvezo in die Oos-Kaap nie, berig die Saturday Star.
Verkragtingsbaba gaan glo volkome herstel
Die ses weke oue baba wat in Galeshewe buite Kimberley verkrag is, gaan moontlik volkome herstel, berig die Saturday Star.
Brandstofpryse styg
Die prys van petrol en diesel styg Woensdag.
Man sterf in bootongeluk
ʼn Man is dood en vier mense beseer na ʼn bootongeluk Vrydagaand in Vanderbijlpark.
Vliegtuig word vermis
ʼn Vliegtuig met 28 passasiers en ses bemanningslede word vermis nadat dit Vrydag in Maputo, Mosambiek opgestyg het op pad na Luanda, Angola.
Gedagte vir die dag: Vreugde word deur jou gedagtes bevorder
Filippense 4:8 – “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles…