Minstens 11 onwettige mynwerkers is reeds na die oppervlak gebring nadat hulle ondergronds in ʼn verlate myn in Benoni aan die Oos-Rand vasgekeer was.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Februarie 2014
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Twee van die sogenaamde Waterkloof-vier is weer in hegtenis geneem nadat hulle glo alkohol gebruik het terwyl hulle nog in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria aangehou is.
Onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer
Nood- en reddingswerkers spook steeds om ʼn groot groep onwettige mynwerkers wat in ʼn verlate myn in Benoni aan die Oos-Rand vasgekeer is, te bevry.
SAL ondersoek liggaam op vliegtuig
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur nadat die liggaam van ʼn man op een van sy vliegtuie gevind is nadat dit in die VSA geland het.
Vlieënier sterf na ligte vliegtuig val
Een persoon is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Sondagmiddag in Orient Hills, Magaliesburg neergestort het in die soveelste voorval vanjaar.
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) gaan ondersoek instel na bewerings dat twee van die sogenaamde Waterkloof-vier ʼn partytjie met alkohol gehad en video’s daarvan gemaak het terwyl hulle in die tronk was, berig City Press.
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer
Verskeie nood- en reddingsdienste is tans op die toneel by ‘n ou mynskag in Benoni aan die Oos-Rand waar nagenoeg 200 onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer is.
Drie vas na dwelmklopjag
Drie mans is Sondagoggend by ʼn dwelmlaboratorium in Kempton Park in hegtenis geneem.
Twee sterf in Kimberley-ongelukke
Twee mense is in twee afsonderlike ongelukke buite Kimberley in die Noord-Kaap dood.
Presidensie onbewus van gesprekke oor twee adjunkte
Die presidensie het Sondag gesê hy is onbewus van beweerde gesprekke oor die moontlikheid dat die land twee adjunkpresidente sal hê na vanjaar se algemene verkiesing.
Verhogings vir plaaslike regeringsbeamptes kos R90 miljoen
ʼn Vyf persent verhoging is vir plaaslike regeringsbeamptes in 278 munisipaliteite goedgekeur en sal die belastingbetaler sowat R90 miljoen uit die sak jaag, berig Sunday Times.
Mandela-kleinseun se erfporsie dalk deel van egskeiding
Die R3 miljoen wat oudpresident Nelson Mandela vir sy kleinseun, Mandla, agtergelaat het gaan dalk deel vorm van Mandla se egskeiding van sy vervreemde vrou, berig Sunday Times.
Loterykaartjie vir villa in Kaapse Wynlande
ʼn Luukse villa in die Kaapse Wynlande is op die spel in ʼn lotery met slegs 9 999 kaartjies wat beskikbaar is teen €99 (ongeveer R 1400), berig Rapport.
Man se lyk op SA-vliegtuig in Washington gevind
Die liggaam van ʼn man is in die wielkompartement van ʼn Suid-Afrikaanse Lugdiens-vliegtuig gevind wat by die Dulles-lughawe in Washington geparkeer is.
Vrou vas oor dagga
ʼn 41-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat die polisie op dagga met ‘n straatwaarde van meer as R1,7 miljoen beslag gelê het.
Kleuter se lykie in Diepsloot gevind
Die liggaam van ʼn kleuter is onder ʼn brug in Diepsloot, noord van Johannesburg, gevind.
Gedagte vir die dag: Moenie skynheilig wees nie
Psalm 66:18, 19 – Daar was nie verkeerde dinge in my hart nie. Anders sou die Here nie geluister het nie. God het my gehelp….