Man se lyk op SA-vliegtuig in Washington gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn man is in die wielkompartement van ʼn Suid-Afrikaanse Lugdiens-vliegtuig gevind wat by die Dulles-lughawe in Washington geparkeer is.

Volgens amptenare van die Metropolitan Washington-lugvaartowerheid is die man se liggaam omstreeks 13:30 Saterdagmiddag in die Airbus A340 in ʼn afgeleë parkeerarea gevind. Die amptenare sê die omstandighede rakende die man se dood sal ondersoek word en dat ʼn nadoodse ondersoek ook gedoen sal word. Bedrywighede by die lughawe is nie geraak nie. Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, het aan NBC Washington gesê vlug SA207 het van Johannesburg na Dulles-lughawe gevlieg nadat dit in Dakar, Senegal geland het. “Ons berou die verlies van lewe en is diep bekommerd oor die verdagte omstandighede rakende die voorval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.