Lede van die Mangaung Metro se taktiese reaksiespan het Donderdag toegeslaan op drie mans in besit van vervalste banknote en diamante in Bloemfontein.
Die span het gereageer op ʼn wenk en die drie verdagtes in ʼn motor in die Phahameng- informele nedersetting betrap.
Volgens lt.genl. Thabo Covane, woordvoerder van die Mangaung Metro, het die beamptes die motor deursoek en twee diamante en vervalste banknote in die motor versteek gekry.
Die beamptes het die drie verdagtes, twee buitelanders en ʼn Suid-Afrikaner, terstond in hegtenis geneem en op die buit beslag gelê. Die banknote is ter waarde van R83 000.
“Die verdagtes, onderskeidelik 29, 31 en 79 jaar oud, sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vervalste geld en handel in diamante.”
En hul word op borg vrygelaat en verdwyn .