Drie met onwettige diamante betrap

Dié vervalste note is van drie verdagtes in Bloemfontein afgevat. (Foto: Saps)

Lede van die Mangaung Metro se taktiese reaksiespan het Donderdag toegeslaan op drie mans in besit van vervalste banknote en diamante in Bloemfontein.

Die span het gereageer op ʼn wenk en die drie verdagtes in ʼn motor in die Phahameng- informele nedersetting betrap.

Volgens lt.genl. Thabo Covane, woordvoerder van die Mangaung Metro, het die beamptes die motor deursoek en twee diamante en vervalste banknote in die motor versteek gekry.

Die beamptes het die drie verdagtes, twee buitelanders en ʼn Suid-Afrikaner, terstond in hegtenis geneem en op die buit beslag gelê. Die banknote is ter waarde van R83 000.

“Die verdagtes, onderskeidelik 29, 31 en 79 jaar oud, sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vervalste geld en handel in diamante.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.