Boek: Boet se goed

boetsegoet 280 KBBoet se Goet, woorde en beelde deur Boet van der Hoven is vanjaar bekend gestel by die Klein Karoo Klassique 2014 in Oudtshoorn.

Lank voor aalwyne, windpompe en donkiekarretjies fashionable geword het…
voor David met sy rooi vellies en dikwielfiets ons harte ingery het…
was daar ʼn ander karakter op die Karoovlakte:
“Ag, laat ek maar net speel met verf, so kan ek die Karoo die stad indra teen die koue woonstelmuur warm plaasveld se herinnering.”

Dit was H.J van der Hoven, of sommer net “Boet” soos sy vriende hom geken het.
Karoomens, pottebakker, skilder, en versiemaker.

Die leser word op ʼn trippie geneem. Wie is Boet van der Hoven? Die Klein Karoo-skilder en pottebakker was ’n kleurryke karakter in Oudtshoorn-omgewing en sy geboortedorp, Prins Albert. Sy naam is sinoniem met sy kleurvolle Karoo-skilderye wat die alledaagse gang van die plattelandse gemeenskappies uitbeeld. Hy het jaarliks by die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) kuns-uitstallings gehou. Dit is ook die einste Boet wat oorspronklik daai legendariese paar rooi skoene aan David Kramer gegee het.

Boet se Goet bevat sowat 70 skilderye en 30 Karoo verse wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie. Die verdeling van die boek in drie primêre pigmentkleure, verwys simbolies na Boet se lewe:
Geel – jongman, onderwyser en pottebakker met die aardse klei wat sy kunstenaarsgees vorm.
Rooi – sy volbloedtydperk waar sy kuns ’n eie identiteit gekry het.
Blou – donkersee-dae en sy verlange na vergange tye en drome wat gestrand het.

Boet se Goet is beskikbaar by Exclusive Books en Bargain Books.
ISBN: 978-0-9814168-1-6
saamgestel deur Adri vanderHoven en gepubliseer deur XLIBRIS 2014
Direkte verkope: Adri 071 9334364 [email protected]
meer inligting op facebook/BoetseGoet.karooboek
Klik hier om die webwerf te besoek.

Boet se Goet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.