Boek: Cas Wepener se ‘Roman’

Cas Wepener 

Die Klein-Karoo se berugte reeksmoordenaar Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ʼn siener wat glo met ʼn halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ʼn wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ’n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing.

Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein-Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.”

Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in dié deel van die wêreld omrol, dan hardloop daar sommer gou gevaarlike goete soos skerpioene oor die vlaktes of ʼn romans wat jou jaag om in jou skaduwee te kom”.

Kan ʼn mens oorlewering glo? Wie was Gert – voorslagboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minnaar? Dit hang af met wie ʼn mens gesels, want stories is plooibaar.

Cas Wepener se jongste boek, Roman, het pas by Protea Boekhuis verskyn.

Oor die skrywer

Wepener is op 2 Augustus 1972 in George gebore. Hy het aan die Universiteit Stellenbosch studeer en later ook aan die Universiteit van Tilburg in Nederland. Het het sy doktorsgraad in 2004 voltooi en het in 2015 sy meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, onder leiding van Henning Pieterse, voltooi. Wepener was tussen 2010 en 2019 professor aan die Universiteit van Pretoria en is sedertdien professor aan die Universiteit Stellenbosch.

Vorige publikasies uit sy pen sluit in ʼn kortverhaalbundel met die titel Dubbelfoto (2013), en drie romans, Syferfontein (2016), Johanna (2017) en Die slaghuis (2019).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R295,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.