Boek: Dapper Dawie se onderstebo week

Carl-Johan Forssén Ehrlin

Dawie word wakker met ʼn hol kol op sy maag. Môre is sy eerste dag by sy nuwe kleuterskool. Hy wonder of hy nuwe maatjies gaan maak en hy is bekommerd dat hy heeltemal alleen gaan wees.

Dapper Dawie se onderstebo week is ʼn unieke boek vir kinders én volwassenes. Die storie is geïnspireer deur gedragsielkunde, om kinders te help om spesifieke situasies en ingewikkelde gevoelens te verstaan en te hanteer.

Volg Dawie se avonture waar hy probleme op die speelgrond en by die huis teëkom en lees die boek saam met jou kind om soortgelyke probleme te oorkom.

Oor die outeur

Carl-Johan Forssén Ehrlin het sielkunde studeer in Swede. Hy werk as ʼn skrywer, afrigter, openbare spreker en opvoeder in persoonlike ontwikkeling, geestelike opleiding en leierskap.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R145,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.