Boek: De Wet Hugo se ‘Lekkerlag-pretboek’

De Wet Hugo

De Wet Hugo se Lekkerlag-pretboek is ʼn alles-in-een‑boek wat ure se vermaak beloof. Dit bevat grappe wat jou sal laat skater en raaisels waarmee jy jou maats sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite waarmee jy selfs jou onderwyser sal laat les opsê. Prettige speletjies sal jou, jou familie en jou skoolmaats van verveling red en sorg dat julle mekaar beter leer ken. Daar is selfs lekkerlag-limerieke – snaakse rympies wat jou lagspiere gaan kielie. Jy sal lekker giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gaan gebeur as jy te veel wortels eet… En jy gaan op die grond rondrol as jou maats moet verduidelik waarom hulle kies om ’n mak krokodil se tande te borsel óf waarom hulle eerder in ʼn swembad vol spoeg sal swem.

Oor die skrywer

Hugo is ʼn laerskoolonderwyser en werk al vir meer as ʼn dekade by ʼn Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy is die bekende skrywer van die Grilgrypers– en Kies-jou-avontuur-reekse, asook Katastrofe. Hy het ook bydraes in bundels soos Rympies vir Pikkies en Peuters en Skool is ʼn riller.

Oor die illustreerder

Tumi K Steyn het van kleins af geteken en prenteboeke versamel. Haar illustrasies verskyn in Stories vir Pikkies en Peuters, asook in verskeie opvoedkundige publikasies en gereeld in Vrouekeur. Sy woon in Johannesburg waar sy met verskillende vorms van kuns en kunsvlyt eksperimenteer, stapels boeke lees en haar katte vermaak.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R155,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.