Daan, Latyn-kwoterende Kalahari-boer, langslewende eggenoot van Magrieta en pa van Jan-Willem, sit op ‘n wankelrige stoel in ‘n heidense tempel in China en skryf sy Historia (oftewel confessiones).
Hoe dit gekom het dat die stoere NG kerkman snags op ‘n klipharde bed in ‘n koue sel slaap en bedags tai chi leer terwyl hy eintlik vir sy vervreemde seun in China kom kuier het, kom ‘n mens agter soos sy belydenisse vorder.
Op 67 staar Daan ‘n krisis in die oë: “My kop is op die Smal Weg na die hemel, my voete op die Breë Dao na die verderf en ek, my balans kwyt, is êrens tussenin”. Op sy hardekwas en dikwels skreeusnaakse manier ondersoek hy sy godsdiens en seksuele oriëntasie en leer die groot lewensles dat die sagte die harde oorwin. Die ongewone roman is onder andere ‘n reis deur die mitologie en godsdienste van die ou beskawings, die Chinese en die Christendom.
Oor die outeur:
Lodewyk G. du Plessis is ‘n skuilnaam. Gissings oor die skrywer se identiteit het boekliefhebbers aan die praat.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R310-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke