Boek: Die duiwel maak my hart so seer

François Bloemhof

Kom ons verbreek die reëls van misdaadfiksie.

Dit is Januarie 1981.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begin. Dit is ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag …

Oor die skrywer

François Bloemhof was in graad 11 die medewenner van die Amstel Playwright of the Year-toekenning. Bloemhof is een van slegs ʼn handjievol skrywers ter wêreld wat só uitgebreid en suksesvol boeke (oor die 70) vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, waaronder met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Onder sy baanbrekerswerk, internasionaal en plaaslik, tel die eerste boek met ’n oorspronklike selfgekomponeerde klankbaan, eerste boek met eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Bloemhof het ook die eerste Afrikaanse strokiesverhaalreeks en heel eerste e-boek in Afrikaans geskryf. Verder het hy tekste vir die verhoog en radio gelewer. Hy was al verhaalredakteur by SARIE en boekredakteur by Die Burger.

Prys: 280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.