Boek: ‘Die Goorgomgaaitjie’ – Julia Donaldson

Julia Donaldson

Die Goorgomgaai sê: “Glo vir my, uit die bos moet ʼn goorgomgaai wegbly.” Maar een stormagtige aand ignoreer die Gorgomgaaitjie haar pa se waarskuwings en sluip stil-stil by die goorgomgrot uit, die bos in. Buitendien ‒ die Nare Muis bestaan tog nie regtig nie, of hoe?

Die Goorgomgaaitjie volg op Die Goorgomgaai, wat in 2020 by Protea Boekhuis verskyn het. Dit is deur Julia Donaldson geskryf, Axel Scheffler het dit geïllustreer en Jaco Jacobs het dit in Afrikaans vertaal.

Oor die skrywer en illustreerder

Donaldson is wêreldwyd ʼn geliefde kinderboekskrywer. Sy het al meer as 100 kinderboeke geskryf, waaronder die internasionale topverkoper The Gruffalo. Donaldson se boeke is al met verskeie pryse bekroon, onder meer die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Axel Scheffler is ʼn illustreerder van top- internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the Flying Doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

Ander titels van dié skrywer-en-illustreerder-paar wat in Afrikaans by Protea Boekhuis beskikbaar is, sluit in Superwurm (2014), Rower Rot (2014), Kris de Kat (2014), Tjokkie (2014), Zok (2014), Stokman (2014, 2016), Die stories uit die eikehout (2016) en Amok op ’n besemstok (2018).

Oor die vertaler

Jacobs is ʼn bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem het en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jacobs al meer as 170 boeke vir kinders en jong mense geskryf, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jacobs glo humor is ʼn kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke en vertalings bevat ʼn sterk element van pret.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

groenboer ·

Goorgomgaai – wat ‘n pikante vertaling vir “Gruffalo.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.