Boek: Die Groot Klein Kaptein

Die-groot-klein-kaptein-voorbladPaul Biegel

Die Klein Kaptein is ’n kêreltjie wat met ’n skoorsteenpyp, ’n sinkbad, ’n stoelpoot en ’n fietsketting sy skip die “Nooitlek” weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep ’n groot brander die skip van die hoë duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die “Nooitlek” met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare.

Al drie dele van die Klein Kaptein se wêreldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander.

Oor die outeur

Paul Biegel (25 Maart 1925, Bussum – 21 Oktober 2006, Laren) was ’n beroemde Nederlandse kinderboekskrywer. Sy bekronings sluit in: die Nederlandse Staatsprys vir Kinder- en Jeugliteratuur (1973), die Woutertje Pieterse-prys (1991: Anderland en 2000: Laatste verhalen van de eeuw), die Nienke van Hichtum-prys (1973: De twaalf rovers), die Gouden Griffel (1965: Het sleutelkruid; 1972: De kleine kapitein en 1993: Nachtverhaal) en die Zilveren Griffel (1972: De twaalf rovers; 1974: Het olifantenfeest; 1982: Haas en 1988: De rode prinses). In 1996 is hy benoem vir die Hans Christian Andersen-prys en in 1999 is hy uitgeroep tot Ridder in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die Rooi Prinses (Protea 2015), met illustrasies deur Fiel van der Veen, is ook in Afrikaans beskikbaar.

Oor die vertaler

Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R295.00*
*Prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.