Boek: Die helaasheid van die dinge

Dimitri Verhulst

In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in ʼn suipwedstryd as in ʼn deugsame lewe.

Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel ʼn pragtige ode aan as ʼn skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.

“Hy is een van die grootste en wildste talente in die Vlaamse letterkunde … ʼn Groot stilis, met ʼn genadelose kyk op sake.” – NRC Handelsblad

Oor die outeur

Dimitri Verhulst (g. 1972) debuteer in 1999 met die versameling De kamer hiernaast, gevolg deur Niets, niemand en redelijk stil (2001) en De verveling van de keeper (2002).

Sy romans Problemski Hotel (2003) en De helaasheid der dingen (2006) is baie suksesvol in verskeie tale vertaal. In 2008 is De helaasheid der dingen omskep in ʼn rolprent wat bekroon is met die Prix Art et Essai-toekenning by die Cannes Filmfees se Quinzaine des Réalisateurs, asook drie Golden Starfish-toekennings by die 17de internasionale Hamptons-fliekfees.

Ander werk sluit in: Mevrouw Verona daalt de heuvel af (2006), Godverdomse dagen op een godverdomse bol (2008), De laatste liefde van mijn moeder (2010), en ʼn digbundel getiteld Liefde, tenzij anders vermeld (2001).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R225,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tish ·

Ek het die boek in Vlaams gelees en hy het daar ‘n film van ook gemaak. Sy humor is maar bietjie apart maar wat hy as outeur wil laat deurskyn, doen hy.

brens ·

Die vertaler is inderdaad Daniel Hugo; uit die Nederlands vertaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.