Wendy Maartens
Ontmoet ʼn paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories. Die stories word op ʼn toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak.
- Die leeu wat drukkies kon gee
Twee vriende koop ʼn leeuwelpie in ’n afdelingswinkel in Londen, maar kort voor lank word hy ʼn groot maanhaarmannetjie! Hulle besluit om hom in Afrika te hervestig, en jare later steel hy die wêreld se harte.
- Salty en die Twin Towers
Op 11 September 2001 het terroriste die Wêreldhandelsentrum in Amerika aangeval. Salty is een van die hondehelde van daardie verskriklike dag.
- Humphrey die walvis verdwaal
Toe Humphrey die boggelrugwalvis in ʼn rivier beland, werk ʼn hele span mense saam om hom te red.
- ʼn Hond soos Knersus
Knersus is ʼn bielie van ʼn brak – wat op ’n dag twee skelms groot laat skrik het!
- ʼn Perd met tekkies
Almal weet gidshonde kan blinde mense help. Maar het jy al van ’n gidsponie gehoor?
- O, die liewe Lulu
Lulu die boepensvarkie het ʼn heldin geword – sy het hulp ontbied nadat haar eienaar ’n hartaanval gehad het!
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R115,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke