Boek: Die Rietrotte en die rowers (Deel twee)

Nerine Ahlers

Ná ’n maand in Rietvallei Hoërskool is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly.

Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie.

Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy wildste verbeelding sou kon voorstel nie.

Hoërskool is nie vir sissies nie!

Oor die outeur

Nerine Ahlers het aan Hoërskool Menlopark gematrikuleer en studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy ’n meestersgraad verwerf het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans vir hoërskoolleerders.

Ahlers en haar man woon in Pretoria en hulle het twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale, tienertoneelstukke en radiodramas. Ahlers is mal oor lees, vertaalwerk, stap en hou graag saam met haar gesin vakansie by die see of in die wildtuin.

Sy is die skrywer van Onkant en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks. Dit sluit Selfone, skelms en sjokolade, SMS’e, skurke en spinnekoppe en Sepiesterre, sokkies en skobbejakke in. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade het albei ATKV-Kinderboektoekennings ontvang.

Genre: Jeugfiksie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.