Boek: Dorslandtrekkers se swerftogte verken

Nicol Stassen

Nicol Stassen is die voorste kenner op die Dorslandtrekkers en hulle merkwaardige swerftogte in die binneland van Suider-Afrika.

In Van Humpata tot Upingtonia vertel Stassen hoe dit gebeur het dat ʼn aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het. Die Kaapse bruin man William Worthington Jordan, een van die merkwaardigste persone wat in hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ʼn belangrike rol in die totstandkoming van dié republiek gespeel. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van nader bekyk.

Oor die skrywer

Stassen doen al vir langer as 17 jaar navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ʼn BA-graad in tale (Afrikaans, Duits en Russies), ʼn meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ʼn doktorsgraad in geskiedenis.

Prys: R500,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.