Boek: Fanie Viljoen se ‘Sneeuman swem’

Fanie Viljoen

Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ʼn grap. Almal noem hom “Padda”.

Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ʼn nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ʼn afskuwelike sneeuman is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart… om op te vreet!

Gaan Padda se lewe in ʼn grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ʼn held sit?

Sneeuman swem is uit die pen van bekroonde kinder- en jeugboekskrywer Fanie Viljoen, met Luan Serfontein as illustreerder.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R145,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.