[Boek] Gebeur dit met almal? Reguitpraat oor puberteit

Gebeur-dit-met-almal-voorblacAntje Helms

Jou liggaam verander, nuwe emosies verwar jou en jy het honderd duisend vrae wat jy nie weet hoe of vir wie om te vra nie. Jy is skielik fyngevoelig, selfbewus en sommer net moeilik… Maar hoekom? En hoekom is daardie pes van ’n meisiekind ewe skielik vir jou so oulik?

As al die bogenoemde waar is, is hierdie boek vir jou. Want jy is ’n “puber” en ’n nuwe wêreld gaan vir jou oop.

Selfs nog voor jongmense vir die eerste keer seks en seksualiteit ondervind, wonder meisies en seuns reeds ’n geruime tyd oor al hierdie dinge. Ouers weet meestal nie hoe om sulke sensitiewe vrae te beantwoord nie en het nie noodwendig tyd om by te hou met wat in hul tienerkinders se koppe aangaan nie. Met die gevaar van ongekontroleerde bronne op die internet vandag, is dit belangrik om die regte inligting van ’n betroubare bron te verkry, en dis wat hierdie boek poog om te doen. Jan von Holleben het op by kreatiewe en prettige wyse die avontuur van grootword deur middel van foto’s daargestel, en Antje Helms gee insiggewende antwoorde op ’n direkte, maar sensitiewe, manier. Die boek bied antwoorde op allerhande vrae oor puberteit en seks wat jongmense nie noodwendig vir hul ouers wil vra nie.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R225.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae