Boek: Geheime van spioenasie, teenspioenasie blootgelê

Henning van Aswegen

Hoe het dit gebeur dat twee Boerespioene in Oos-Afrika as Duitse en Britse agente tydens die Eerste Wêreldoorlog teenoor mekaar te staan gekom het? Was Fritz Duquesne, die susterskind van genl. Piet Joubert, waarlik verantwoordelik vir lord Kitchener se dood en was hy later die leier van Amerika se grootste spioenasienetwerk? Wie was die Russiese KGB-spioen wat ʼn bietjie Afrikaans kon praat, en hoe het Gerard Ludi daarin geslaag om die SAKP te infiltreer?

Dié en tientalle ander vrae word in Spioenmeesters, wat deur Henning van Aswegen geskryf is en by Kraal Uitgewers verskyn het, beantwoord.

Spioenmeesters onthul feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het, en die boek ondersoek legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Ludi se betrokkenheid by dié gebeure.

Die boek openbaar van die geheime van spioenasie en teenspioenasie wat gedurende die Anglo-Boereoorlog en die wêreldoorloë plaasgevind en ʼn hoogtepunt tydens die Koue Oorlog bereik het. Daar word ook ondersoek ingestel na opspraakwekkende intelligensie-gebeure wat tydens Suid-Afrika se stormagtige 1960’s en 1970’s afgespeel en onder meer tot die klopjag op Liliesleaf gelei het.

Prys: R380,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Kraal Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.