Boek: Haas Das se nuuskas: Episode 6

Louise Smit

Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke.

In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer en Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser.

Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Oor die outeur

Louise Smit woon in Pringlebaai. Sy het bekendheid verwerf deur haar baie suksesvolle kinderprogramme vir radio en TV soos Wielie WalieHaas Das se NuuskasPumpkin PatchKideoMina Moo en vele meer. Sy is ook die skrywer van Die Bybel vir kleuters en Professor Fossilus en die dinosourusse.

Louise het verskeie plaaslike en internasionale toekennings vir haar werk verower, o.a. drie Artestoekennings, drie Star Tonight-toekennings, Prix Jeunesse en die Tokioprys.

Oor die illustreerder

Vian Oelofsen is in 1974 in Prins Albert gebore. Hy gaan skool op Stellenbosch. Hy behaal ʼn B.A. graad in die Skone Kunste in 1996 aan die Universiteit van Stellenbosch. Vian verwerf ook in 1999 ʼn honneursgraad in illustrasies.

Sy eerste prenteboek (as illustreerder), Net Perfek, deur Rachelle Greeff verskyn in dieselfde jaar by Human & Rousseau. In 2001 was hy die wenner van die Vivian Wilkes-prys vir kinderboek-illustrasies vir sy werk in Ah-Bekutheni? deur Reviva Schrembrucker.

Vian se eerste prenteboek (as skrywer en illustreerder), Hou vas, Seekoei, het in 2005 verskyn. Vian woon en werk in Engeland as vryskut-illustreerder en strokiesprentkunstenaar.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.