Boek: Hartstories van ons land se boere

Ivor Price en Kobus Louwrens

Terwyl die gronddebat woed, stel Hartstories van ons land se boere ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens bied ʼn intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse en stories. Of dit nou reuse-agrisake is, of klein plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het ʼn storie. Die boek is ʼn inspirerende ode aan ons landbouers.

Oor die skrywers

Price is veral bekend vir sy rol by RSG se gewilde nuusprogram Monitor en as aanbieder vir SAUK-nuus. Sy ander loopbaanhoogtepunte sluit in tyd in Londen as ’n buitelandse korrespondent vir Media24 en sy werk as joernalistiek-opleier vir die Wêreldkoerantvereniging. Hy is aanbieder van die VIA-program Vir die liefde van die land.

Louwrens is ʼn bekroonde omgewingsverslaggewer en het van Suid- en Oos-Afrika se voorste landboutydskrifte en koerante uitgegee. Hy is die direkteur vir digitale strategie by ʼn bemarkingsagentskap en is bekend vir sy innoverende bemarking van landbou-, wyn- en toerismehandelsmerke.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.