Daar was reeds twee afsonderlike voorvalle van individue wat van Indië na Suid-Afrika gereis het, wat die afgelope 72 uur positief vir Covid-19 getoets het.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Mei 2021
‘Tekort aan infrastruktuur in skole nie meer verskoning’ – SOS
Altesaam 1 228 van die 2 071 openbare skole in Gauteng het probleme met instandhouding.
Man gevonnis vir moord, verkragting van jong onnie
Mokgosi se liggaam is op 29 Junie gevind in ʼn huis wat sy gehuur het.
Ontvoerde joernalis pleit in video vir vrylating
Hy pleit in die video by sy familie, vriende en die Franse regering “om alles in hul vermoë te doen om hom te bevry”.
FW de Klerk-stigting verwelkom Ace se skorsing
“Dit moet ook verwelkom word as ’n belangrike en langverwagte stap om korrupsie aan te pak en streng op te tree teen ANC-topamptenare wat beskuldig word van ernstige oortredings.”
ToekomsVenster: Voetstappe van dié wat goeie nuus bring
Hoe stuur die Here jou sodat die nasies Hom kan loof en prys?
Beste kameraad Magashule: Ace kry trekpas…
Tydens sy skorsing word Magashule verbied om enige van sy pligte as sekretaris-generaal uit te voer, of om die ANC op enige platform te verteenwoordig.
Raad besluit oor Trump se lot op FB
Trump is vroeër vanjaar onbepaald van Facebook verbied nadat hy glo die platform gebruik het om geweld by die Kongresgebou in Washington DC aan te blaas.
Miljoene rande se kos bedoel vir armes gesteel
Die mans moes glo die goedere uit Suid-Afrika na Malawi vervoer vir humanitêre verligting.
Ondersoek kom ná leerder tydens kamp verdrink
Die departement van onderwys sê dit is ook kommerwekkend dat die voorval nie onmiddellik by die departement aangemeld is nie.
VivA stel toeganklikheidsveldtog bekend
Die jongste wysigings maak dit nou meer toeganklik vir siggestremde gebruikers om ook via die webwerf gebruik te maak van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) se produkte en dienste.
Pa in waakeenheid ná vliegongeluk seun eis
“Daniël het niks gesê nie, hy het niks op die radio geroep nie … Toe ons terugdraai, het ons net rook gesien.”
IPL: SA, ander lande spook om spelers uit Indië terug te kry
Die krieketowerhede in onderskeidelik Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland en Engeland is besig met prosesse om hul spelers so gou as moontlik uit Indië te kry nadat die Indiese Premierliga (IPL) opgeskort is.
‘Idees vol vrees’-man nog ʼn spruit ryker
“Die Here het vir my nog ʼn boetie gegee sodat ek twee het wat my kan oppas’,” het ousus Bea-mari (6) gesê.
Kyk: Hael, swaar reën tref Struisbaai
Reddingspanne is na oorstroomde gebiede ontbied en talle mense word tans na veiligheid gebring.
Harry inspirasie vir Meghan se kinderboek
Die boek begin as ʼn gedig wat Meghan vir Harry geskryf het.
Vermiste peuter opgespoor
Die seuntjie het by sy tuiskoms ligte kneusplekke aan sy lyfie en voetjies gehad.
Nasionale gesondheidsversekering vir almal?
Terwyl die wêreld poog om oplossings vir die Covid-19-krisis te kry en te herstel van die geweldige ekonomiese impak wat die inperkingsmaatreëls tot gevolg gehad het, word die parlementêre proses vir die wetsontwerp op NGV in Suid-Afrika eersdaags voortgesit.
Beoogde verbod op geblikte leeujag wyd verwelkom
Talle rolspelers is dit eens dat die negatiewe beeld wat veral in die toerismebedryf begin posvat het oor Suid-Afrika se wildlewebedryf, danksy die aanbevelings omgekeer kan word.
Plaasaanvalle in Vrystaat styg skerp – VL
Syfers dui daarop dat gemiddeld vyf aanvalle per week in die Vrystaat plaasvind.