Beste kameraad Magashule: Ace kry trekpas…

Die ANC het Maandag ‘n skorsingsbrief aan Ace Magashule, sekretaris-generaal van die party, gestuur. (Foto: Twitter)

Ace Magashule, beleërde sekretaris-generaal van die ANC, is Maandag ingelig oor sy skorsing uit die regerende party.

Die brief aan Magashule – wat deur Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC onderteken is – lui dat hy vanaf 3 Mei tydelik geskors word, hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom. Die saak teen Magashule en sy medebeskuldigdes word in Augustus in die hooggeregshof hervat.

Magashule is vroeër op borgtog van R200 000 vrygelaat. Hy staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder bedrog en korrupsie, wat verband hou met die ondersoek na die miljoene rande wat betaal is vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die Vrystaat.

Tydens sy skorsing word Magashule verbied om enige van sy pligte as sekretaris-generaal uit te voer. Hy mag nie die ANC in die openbaar of op enige ander platform verteenwoordig nie, hy mag nie openbare uitsprake maak wat verband hou met die organisasie nie, en hy mag ook nie deelneem in die mobilisering van ANC-strukture, enige ander organisasie of individue nie.

Dít sluit in enige uitlatings “oor jou opsy staan en kwessies wat daarmee verband hou”.

Magashule word met volle voordele geskors.

“In die tyd dat jy, as voltydse ampsdraer van die organisasie, tydelik geskors is, is jy geregtig op die vergoeding en ander voordele in ooreenstemming met jou diensvoorwaardes.”

Die brief lui voorts dat Magashule die kantoor van die sekretaris-generaal maandeliks op die hoogte van die vordering met sy saak moet hou. Die skorsingsbesluit sal elke ses maande hersien word, of op versoek van Magashule.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het vroeër besluit dat enige ANC-lid wat van korrupsie of enige ander ernstige misdaad aangekla word, binne 30 dae opsy moet staan. Indien dit nie gedoen word nie, kan die ANC die betrokke lid skors indien dit in belang van die party beskou word.

Die party se Nasionale Werkkomitee (NWK) het dié besluit die afgelope naweek opnuut bekragtig en onderneem dat skorsingsbriewe aan die geraakte lede gestuur gaan word. Luidens berigte word altesame 30 van die party se lede deur dieselfde beslissing geraak.

Magashule se 30 dae-spertyd om vrywillig opsy te staan het die naweek verstryk.

Die NUK, die ANC se hoogste besluitnemingsliggaam, vergader weer hierdie naweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Juffrou ·

Ja hulle is bang vir hom en moet hom nou paai. Belaglik ja.

Driekus ·

so hy moet een kan toe staan want hy het hom skuldig gemaak aan verskeie onetiese en korupte dinge……….maar kry steeds al sy voordele soos toe hy nog mag werk. En as die saak vir 10 jaar aan gaan soos alle ander sake dan is hy mos nou in ‘n perfekte, dalk beter posisie as ‘n week gelede. Ek kan nie sien hoe dit werklik ‘n straf is nie………

Anton ·

Die vraag is of die mense wat hom omkoop nog dink dat hy mag het. Sy groot geld kom nie van sy salaris af nie, dis die omkopery wat hom ryk maak. As hulle dink dat hy niks meer vir hulle kan doen nie, droog daai kraantjie vinnig op :-)

Alleen Wolf ·

Gelukkig kom dit nie uit die belasting betaler se sak nie maar hopelik uit hulle reeds bankrot organisasie se koffers

Ferryman ·

Ek reken die kans is nou groot dat die RET faksie nader aan wegbreek is van die ANC.

Dup ·

“One down, ten thousand to go”…..soos my Engelse vriend sou gesê het.

Mariana ·

Tydelik geskors beteken niks as hy nog steeds voordele kry nie. Wat ‘n klugspul. ANC kiesers moet nou begin om vir hulself te dink. Hulle sg leiers mors met hulle koppe.

Juffrou ·

Én alle voordele. Én ná 6mde sal hy dit hersien! Absurd verby.

Alta Alleman ·

En wie betaal sy salaris elke maand om rustig by die huis te sit hmm?

Johan ·

So… wat hul nou eintlik se is dat n man wat n hofsaak van bedrog en allerhande goed het, op betaalde verlof gaan. Ses maande op n slag hernu hul sy verlof, ten volle vergoed? Mense….ek dink ek is in die verkeerde bedryf. Maak my siek dat hul so oop en bloot met geld, waarvoor ek ook kliphard werk vir my sente, mors soos hul wil en wegkom daarmee.

tweeling ·

Johan, jy wil nie in die politiek wees nie. Daar is dit hond vreet hond

Dries ·

Tipies ANC. Hulle los n agterdeur oop vir Magashule om terug te kom met n “bang”. Ramaphosa gaan dieselfde pad loop as Mbeki

Pablo ·

Tydelike skorsing met volle betaling van die belasting betaler se geld. Cuba, here we come.

Johanncb ·

Volgens nog ‘n mediahuis is hy met volle voordele geskors. Dit help veel!

RB ·

” Liewe Ace, vat n breek! Rus vir so 6mnde. Jy kan lekker beplan aan jou volgende korrupte dade.
Ons sal jou volle vergoeding en alle voordele getrou maandeliks aan jou betaal.
Ons sal beslis ook nie die 6mnde van jou jaarlikse verlof aftrek nie.
Ons waardeer jou lojale en voorbeeldige leierskap aan al die lede.
Beste wense,
ANC ”

IN SA CRIME DOES PAY! LOTS & LOTS !

Tiptol ·

Binnekort gaan al die anc lede geskors word met alle voordele. Wat ‘n wonderlike posisie om in te wees.

KB ·

So al wat die NUK gedoen het is om vir Mahashule vir 3 maande met verpligte vakansie te stuur. (“Volle voordele”…dit help net mooi niks!)
Al wat die ANC wil doen is om gemoedere (in die ANC, én die vd publiek) te sus.
Hierdie is ‘n politieke “vertoning”, niks anders nie.

Saartjievandiebosveld ·

Clap…Clap. ..Clap. ..and so the show goes on.

Persheks Adri ·

Regtig met volle salaris en voordele gggmmmfff pateties! Ons betaal vir die gemors

melaney ·

Ek sal wat gee om nou met Johan Rupert vir 20 minute wou gesels. Rupert het vir CR opdrag gegee om van Ace binne ‘n maand ontslae raak. Indien nie, staak hy al sy bydraes aan CR. Rupert het vergeet om vir CR te sê HOE om van Ace ontslae te raak. Nou lag CR en Ace al die pad bank toe.

Jedi Knight ·

Johan het n ruk gelede al Switserland toe gevlieg om n covid inenting te kry. Blykbaar sommer nogal voor in die ry ingedruk. Hy kruip seker daar iewers weg vir sy opvolg inspuiting.

Werner ·

Dit is net n rookskerm dat die kaders beter kan voel en dit met voordele anc nog altyd skelm hulle moet Nou die bedrog broers genoem word

Toetsie ·

So, ons belastingbetalers betaal hom nou om vir maande lank op sy gat te sit!! Sou graag wou weet wat sy inkomste beloop… Korrupte spul kaders, ALMAL VAN HULLE!!

Chris ·

Dis ‘n God’s skryende skande dat hy na sy skorsing alle voordele geniet. Was dit nou ekke, sou ek toegesluit word vir jare, sonder enige voordele. ‘n Skorsing beteken jy verloor alles!

Pietertjie ·

Wat ‘n piesang-sirkus! Die hele ANC gaan mekaar nou skors. En die EFF gaan seker die DA begin skors…

Nico ·

Skorsing met alle voordele en volle salaris is een groot klug, die ANC regering is net besig om mense vir die gek te hou, laat Ace gaan sonder voordele en salaris.

Charl ·

Vat jou goed en trek Ace (Ferreira) LOL !…maar wat ‘n klug, ek stem saam met Driekus, hy’s nou beter af as voorheen, no work whole pay !! Sou hulle dieselfde vir my met my wit velletjie gedoen het ?

Mieke ·

En onderteken deur ….. een van sy maatjies?? Ek dink hierdie is sommer’n klugspul.

Danie ·

Korrek, hierdie manne gaan nie die vernedering goed verwerk nie.
Die eff gaan binnekort n hele paar hoë profiel ex anc kriminele met hul breinlose aanhangers kan byvoeg op hul balansstaat.
Indien iemand gedink het die land is reeds in sy peetjie, watch this space.

Karina ·

Daar is nie ‘n kans dat hierdie Ace gaan uitstap nie. Het ander koerant berigte gelees, hy weier blykbaar om sy kantoor te ontruim. Hy klou vas !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.