Harry inspirasie vir Meghan se kinderboek

Meghan en Harry (Foto: Instagram)

Meghan Markle gaan ʼn kinderboek genaamd The Bench uitgee, wat geïnspireer is deur prins Harry se band met hul seun, Archie.

Die boek sal geïllustreer word deur Christian Robinson en sal op 8 Junie die rakke tref.

The Bench begin as ʼn gedig wat ek vir my man vir Vadersdag geskryf het in die maand nadat Archie gebore is. Die gedig word dan ʼn storie,” sê Meghan in ʼn verklaring.

Meghan sê die boek poog om die warmte, vreugde en gemaklikheid van ʼn verhouding tussen pa en seun uit alle vlakke van die samelewing vas te vang.

“My hoop is dat alle families hulself met The Bench kan vereenselwig, soos ek my familie daarmee vereenselwig, maak nie saak hoe die familie lyk nie,” sê sy.

Prins Harry en Meghan tydens hul onderhoud met Oprah Winfrey. (Foto: Joe Puugliese/Harpo Productions/AFP)

Archie word Donderdag 6 Mei twee jaar oud, terwyl Meghan swanger is met haar en Harry se tweede kind. Sy het vroeër vanjaar aan Oprah Winfrey verklap dat die tweede baba ʼn dogtertjie is.

Harry en Meghan het aan die begin van verlede jaar teruggetree as senior koninklikes en na Kalifornië in die VSA verhuis.

Tydens ʼn onlangse onderhoud met Oprah Winfrey het Meghan vertel dat sy naïef was oor die lewe as deel van die Britse koninklike familie en dat sy selfdood oorweeg het terwyl sy swanger was met Archie. Daarna het Harry alleen by sy oupa, prins Phillip, se begrafnis opgedaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annelize ·

Wel, sy het ‘n “Doktersgraad” in kwaad saai, dalk is sy ook so goed in sing soos in kwaad saai, wie weet.

Absoluut haar eie skuld dat mense in hulle duisende teen haar gedraai het.

Elize ·

Ja soos alle sangers altyd sê : Ek sing al vandat ek 5 jaar oud is!!!!

Jessica ·

Whats next? Aktrise, skrywer, sy kan Jan Pierewiet deur haar agterstewe fluit, die skade is reeds gedoen.

Charmain ·

Sien die 2 nou nie eintlik as rolmodelle as dit kom by verhouding met jou pa ni…tans het nie een van hulle veel van n verhouding met die pa nie

Misky ·

Dink nie daai “kinderboek” is gemik op kinders nie…… dink dis net ‘n ekstra dolk in die skoonfamilie se rigting

Tokkel ·

So jammer oor die skade aan die familie wat hul aangerig het. Dit was vir my altyd iets wat my aandag trek hoe hulle met steil/waardigheid als hanteer……Jammer dat Megan hierdie skeur/hartseer wat jy dit ookal noem gebring het. Ek dink Harry sou graag met Megan daar wou gebly het.
Ander se boeke bly maar duister!

Cathaldus ·

Wow, ek kan nie wag om nie hierdie boek te lees nie. Wat ‘n klomp snert!

Snowball ·

Sy kan nog ‘n sprokie skryf – Hoe om ‘n prins in ‘n padda te verander.

JohanR ·

Haar planne het darem mooi bymekaar gekom. Al lankal alles uitgedink nog lank voor die troue. Ou Harry het nie ‘n kans gestaan nie.

Yvonne ·

En so kon Me-gain nie die versoeking weerstaan om haar titel (Duchess of Sussex) op die voorblad te plaas nie! Oh the hipocracy!!

Tewis ·

Ja dis nogal ń GROOT PROBLEEM as julle so swak of geen verhouding met julle Pa”s gehad het nie ???? ek wonder wat julle vir die mannietjie gaan vertel van sy OUPA’S??

MakersMark ·

Eminem se “Slim Shady” liedjie sê “two trailer park girls go round the outside, round the outside, round the outside”……..

Karina ·

Hulle is uit Engeland om van die pers weg te kom, nou is hulle “mega stars” in Amerika. Gits, moet asb nie meer oor die twee berigte plaas nie. ‘n Mens kan net soveel van die twee lees voor jy siek word.

Realis Thailand ·

Sy is n uiters slu individu wie almal manipuleer
Harry was n regte “mans man ” en nou hardloop hy agter haar aan soos n skoothondjie.
Sy ly aan n tiepiese minderwaardigheids komplek en nougebruik sy haar ras om almal rassiste te noem en die koningshuis te verguis. Ek was notg nooit n ondersteuner van die Koningshuis maar sy gaan te ver

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.