Boek: Helene de Kock Keur 5

Helene de Kock

Dié keur bevat vier ontroerende verhale wat lesers tot op die laaste bladsy sal boei.

Man van gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy ontstellende nuus oor haar verloofde ontvang. In Huwelik in die herfs besoek Amara Londen om helderheid te kry oor Pieter Cronjé se huweliksaansoek. Uur van die sewester is ’n spannende liefdesverhaal wat afspeel in die Oos-Vrystaatse berge.

Oor die skrywer

Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n doktorsgraad in skryfkuns en is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.

Genre: Liefdesroman
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R255,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.