Boek: ‘Hondman op hol’ – Dav Pilkey

Dav Pilkey

Hondman is terug en hy het ʼn appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die jongste superheld deur die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net ʼn kans wil gee … Ramkat is vry en sy bose aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds uit die kloue van hierdie skurk red, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?

Oor die skrywer

David Murray “Dav” Pilkey jr. is ʼn Amerikaanse spotprenttekenaar, skrywer en illustreerder van kinderliteratuur. Pilkey is bekend as die skrywer en illustreerder van die kinderboekreeks Captain Underpants en die strokiesprentboekreeks Dog Man. Pilkey en sy vrou woon sedert 2017 in Bainbridge-eiland, Washington.

Prys: R210,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.