Boek: ‘Kroonwild’ – Henk Breytenbach

Henk Breytenbach

In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak, met ʼn groot huis in een van Pretoria se vooraanstaande woonbuurte, vanselfsprekende bevordering by die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is na die Wes-Kaap verban. Dié wat in Azanië wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat tydens die apartheidsjare gegeld het.

Paul se vrou en kinders sit in ’n tentekamp in die Kaap; hy bly in ’n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter ’n plan: Hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy ’n weldoener en sakevennoot in Thabo Ntombela. Die bedryf floreer. Maar in Azanië wil elkeen sy deel hê en ’n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Kroonwild is geskryf deur Henk Breytenbach. Hy het in 2015 gedebuteer met sy eerste spanningsroman, Kodenaam Icarus, en dit in 2016 opgevolg met Moordlys.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.