Boek: ‘Kry vir jou’ – François Bloemhof

François Bloemhof 

Tweede maand. Tweede boek. Toets jou speurvernuf.

Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap.

Op ʼn wynplaas buite Stellenbosch woed ʼn vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas? Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie verskrokke) held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en geregtigheid te laat seëvier.

Prikkelende karakters. Verrassende situasies. Gevaar. Humor. Moord…

Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit? Of is die eise van sy tweede saak te straf?

Kry vir jou, die tweede boek in François Bloemhof se Ludo Labuschagne-reeks, speel ook in 1981 af, slegs ʼn maand ná die gebeure van die vorige boek, Die duiwel maak my hart so seer (2021).

Oor die skrywer

François Bloemhof was in graad 11 die medewenner van die Amstel Playwright of the Year-toekenning. Bloemhof is een van slegs ʼn handjievol skrywers ter wêreld wat só uitgebreid en suksesvol boeke (meer as 70) vir die volwasse, tiener- en jeugmark skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, waaronder met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Onder sy baanbrekerswerk, internasionaal en plaaslik, tel die eerste boek met ’n oorspronklike selfgekomponeerde klankbaan, eerste boek met eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Bloemhof het ook die eerste Afrikaanse strokiesverhaalreeks en heel eerste e-boek in Afrikaans geskryf. Verder het hy tekste vir die verhoog en radio gelewer. Hy was voorheen verhaleredakteur by SARIE en boekredakteur by Die Burger.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.