Boek: Lelies vir Louisa

Rosita Oberholster

Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.

In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ʼn kinderhuisstoep gelos met ʼn saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne, maar die antwoorde kom nie maklik nie.

Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ʼn pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ʼn ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.

Lelies vir Louisa is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Rose vir Roselle. Die karakters uit Rose vir Roselle maak almal weer hul verskyning, en daar is ʼn paar nuwes by.

Oor die outeur

Rosita Oberholster het onlangs haar geliefde Calvinia vir die pragtige Moorreesburg in die hart van die Swartland verruil. Naas haar skryfwerk, is sy ook baie lief vir skilder. Solank sy kan wegraak in haar wêreld van woorde en kuns is sy op haar gelukkigste.

Rose vir Roselle was Rosita Oberholster se eerste SuperRomanza, en sy volg dit op met Lelies vir Louisa. Sy het reeds vyf Romanzas op haar kerfstok en het die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses in 2017 met Troue in ʼn towerbos gewen.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R225,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.