Boek: My eerste Bybel

Wendy Maartens

My eerste Bybel bestaan uit 43 Ou en Nuwe Testamentiese verhale vertel deur Wendy Maartens, spesiaal vir kinders tussen nul en drie jaar oud. Die kunswerk is tydloos, maar helder en mooi en dit sal klein kindertjies bekoor. Die teks is kort en in maklik verstaanbare, moderne taal geskryf. Die verhale is spesiaal gekies om die kern van die Evangelie aan kinders oor te dra en die nodige waardes so vroeg as moontlik te vestig.

Oor die skrywer

Wendy Maartens is ’n joernalis en bekroonde kinderboekskrywer. Sy hou gereeld praatjies by skole en skryf vir Lééf ‘n rubriek. Sy skryf ook graag essays en reisartikels en het ’n passie vir eg Suid-Afrikaanse legendes, volksrympies en verhale wat kinders in moeilike sosioekonomiese omstandighede help om hulself te bemagtig.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R200,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.