Boek: ‘ʼn Sonneblom vir elke dag’ – Susan Coetzer

Susan Coetzer

Die wêreld het meer sonneblommense nodig – mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer soos Hy wil wees. Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe.

Met hierdie 260 dagstukkies nooi die geliefde skrywer en motiveringspreker Susan Coetzer jou op haar kenmerkende opregte en humoristiese manier uit na ʼn avontuur – al agter die son aan.

Susan Coetzer sê: “Kom ons maak dit ons doel om elke dag ʼn rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk.”

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.